Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het gesê Suid-Afrika gaan nie ’n belasting op “ryk mense” instel nie en het gesê dit is “nie net ekonomies onwys nie” maar ook “moontlik gevaarlik”.
Lees ook: Derde begroting op 21 Mei voorgelê
Dit volg na druk van opposisiepartye, veral die EFF en MK-party, om belasting op “ryk mense” in te stel as ’n alternatief vir die BTW-verhoging.
Godongwana het gesê ’n welvaartbelasting sal mense daarvan weerhou om geld te spaar. Hy het bygevoeg mense sal “meer eet” en hulle geld en hulleself land-uit neem, wat Suid-Afrika se vooruitsig op langtermyn ontwikkeling sal skaad. Hy reken die mees effektiewe manier om die rykes te belas, is met inkomstebelasting.
Die derde begrotingtoespraak vir hierdie jaar sal op 21 Mei plaasvind.
Bronne: IOL, EWN, Cape Town ETC
Lees ook: Derde begroting op 21 Mei voorgelê





