Deurbraak na aanval op advokaat

Lees ook :

Foto's: Action Bulletproof

KWAZULU-NATAL. – ‘n Deurbraak is gemaak in die saak van poging tot moord op adv. Coreth Naudé, toe sy op 18 Julie drie keer geskiet is. Twee verdagtes wat met die misdaad verbind is, is in aanhouding.

Kol. Robert Netshiunda sê op die betrokke dag het twee verdagtes Naudé by die ingang van ‘n hotel in Umhlanga, noord van Durban, geskiet. Naudé het by die hotel ingery toe sy deur die verdagtes in ‘n lokval gelei en geskiet is. Die advokaat het daarin geslaag om tot in die hotel te ry, waar sy mediese hulp ontvang en daarna na ‘n hospitaal gehaas is.

Netshiunda sê die verdagtes het in ‘n silwerkleurige Toyota Corolla van die toneel gevlug.

Die poging tot moord is deur die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad ondersoek. Leidrade is opgevolg, wat die ondersoek na die Wes-Kaap gelei het.

Volgens Netshiunda is twee verdagtes, 28 en 29 jaar oud, Dinsdag 17 Desember onderskeidelik in Mitchells Plein en Milnerton gearresteer. Beide het in die Durban-landdroshof op aanklag van poging tot moord verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief