Brekende Nuus
Afrikaans

Devon Hofmeyr ook saam met Petzer en Wessels in aanhouding – borgtogaansoek uitgestel

Devon Hofmeyr het homself ook gister by die polisiestasie op Groblersdal op aanklagte van beweerde aanhitsing van openbare geweld oorgegee.

Foto's: Willem Petzer, Devon Hofmeyr en Tewie Wessels Facebook-bladsye
Foto's: Willem Petzer, Devon Hofmeyr en Tewie Wessels Facebook-bladsye

LIMPOPO. – Devon Hofmeyr het homself ook gister, saam met Willem Petzer en Tewie Wessels, by die Groblersdal-polisiestasie oorgegee.

Nikita Joubert het ‘n sosialemediaplasing op Hofmeyr se Facebook-blad gemaak en gesê hy is deel van diegene wat hulle gister moes oorhandig.

Sy het later met ‘n opvolgplasing gesê die borgtogaansoek is weens beurtkrag tot 15 Februarie uitgestel. Dit is ook wanneer Francois van der Merwe se saak van aanranding en verhindering van polisiebeamptes in die uitvoering van hulle pligte weer vir sy borgtogaansoek sal voorkom.

Neil de Beer van die UIM sê in ‘n video-boodskap die “Groblersdal-situasie” word gemonitor. Die klagtes teen die drie is beweerde aanhitsing van openbare geweld op die dag op Groblersdal toe Van der Merwe in hegtenis geneem is. Volgens die bewering het die drie nie aan ‘n bevel van die SAPD gehoor gegee nie. De Beer maak dit egter duidelik dat hy nie oor die sake wat tans sub judice is gaan praat nie, maar dat dit gaan oor die wetlike reg om borgtog te ontvang. De Beer sal self Donderdag by die Groblersdal-landdroshof wees.

“Justice delayed is justice denied,” sê De Beer in die video-boodskap wat bo ingevoeg is.

NuusFlits het oor die aangeleentheid kommentaar van die polisie gevra. Kol. Malesela Ledwaba het vir kommentaar na die NVG verwys. Mashudu Malabi-Dzhangi, die woordvoerder vir die NVG in die provinsie, kan vervolgens weens die betrokkenheid by die hoofsaak nie kommentaar gee nie.

“I can’t issue a statement I’m in court for the main case.”

Lees Nikita Joubert se plasings hier onder:

So min van julle weet…

Devon Hofmeyr was een van die 4 mans wat hulself moes oorhandig vanoggend. Ongelukkig het die hoofstroom media WEER divisie probeer skep tussen ons mense.

Dit breek my hart dat niemand die waarheid ken nie.

Ek is jammer.

Ons is baie lief vir Dev! ❤️

Liefde Nikita

Geen Borg vandag.

Saak word uitgestel tot en met die 15de Feb. Ongelukkig was loadshedding vandag die probleem gewees. Almal se gemoed is nog sterk en ons weet dat hierdie 3 sterk mans is.

Ons hou moed en hoop en bid vir Donderdag dat hulle sal borg toelaat. Dankie vir een en elk se bystaan en ondersteuning vir Devon. Ons kan nie vir meer vra nie.

Regsonkostes kan buitensporig raak en ontsê vele goeie, onskuldiges regsverteenwoordiging. U kan help. Dra asseblief by tot hierdie fonds vir Devon Hofmeyr op enige manier of met enige bedrag moontlik. Opreg waardeer. Dankie.

Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.