Lees ook: Samesprekings vir skietstilstand tussen Israel en Hamas weer moontlik
VSA. – Sean “Diddy” Combs (54) word deur nog ‘n vrou gedagvaar vir beweerde sekshandel en geslagtelike gereedmaking.
Volgens Adria English het sy Combs in 2004 ontmoet toe haar kêrel ‘n oudisie vir modelwerk gedoen het. Sy het gesê Combs het haar kêrel en nog ‘n model gevra om ‘n seksuele daad uit te voer om die werk te verseker, maar haar kerel het geweier.
Een van Combs se werkers het glo vir haar kêrel die werk aangebied as sy as ‘n danseres by een van Combs se partytjies sou werk en hulle het ingestem. Sy het toe as een van sy dansers gewerk by verskeie partytjies waar sy aangemoedig is om met gaste praatjies te maak.
English het gesê Combs het haar “geslagtelik gereedgemaak” om met mense seks te hê en het geëis sy moet seks hê met die juweelontwerper Jacob Arabov.
Sy het gesê Combs het haar gelukgewens na die seks met Jacob en het haar toe aan nog mense gegee om seks mee te hê.
Nege ander sake is sedert November teen Combs aangemeld.
Bronne: IOL, Mirror, Fox News
Lees ook: Samesprekings vir skietstilstand tussen Israel en Hamas weer moontlik