Lees ook: Woordvoerder van Israeliese weermag sê Hamas kan nie uitgeroei word nie
ISRAEL. – Israel en Hamas kan binnekort samesprekings aangaande ‘n skietstilstand hervat. Hamas het op ‘n nuwe voorstel van Katar en Egipte reageer.
Voor ‘n ooreenkoms oor ‘n raamwerk vir samesprekings bereik kan word, moet die eerste minister, Benjamin Netanyahu, dit goedkeur en dit sal dan weke van intensiewe onderhandelinge neem om te besluit wie vrygelaat word in ruil vir die gyselaars in Gaza.
Israel sal oor die volgende paar dae besluit of hulle die voorstel vir hernieude samesprekings gaan aanvaar. Hamas eis ‘n volledige skietstilstand en die onttrekking van Israel se weermag.
Mense in Israel sowel as in Palestina het gewaarsku oor betogings as die oorlog nie binnekort tot ‘n einde kom nie.
Bronne: The Irish Times, CNN, Khaleej Times
Lees ook: Woordvoerder van Israeliese weermag sê Hamas kan nie uitgeroei word nie