MIDRAND, DONDERDAG 11 JULIE 2024 – Terwyl FIAT sy 125ste verjaardag wêreldwyd vier, ervaar een passievolle Suid-Afrikaanse aanhanger hoe haar lewe radikaal verander is – danksy haar geliefde blou Fiat 500.
PERSVERKLARING: Tanya O’Connor, wat 25 jaar in die motorbedryf gewerk het en wedrenne op ikoniese Suid-Afrikaanse roetebane gery het, het haar hart op die Fiat 500 verloor. Twee jaar gelede, ná ’n onmiddellike aantrekkingskrag vir haar eerste wit Fiat 500, het haar lewe verander toe sy die blou 500 Sport Twinair Cabriolet gekies het wat sy tydelik van die handelaar, Rola FIAT, in Somerset-Wes, ontvang het.
O’Connor het die blou motor gekoop en haar liefde vir die Fiat 500 met ’n tatoeëermerk van die FIAT-naamplaat, ’n 500 Sport in blou en die Abarth Scorpion op haar skouers beklemtoon. Haar passie gaan verder as net haar tatoeëermerk – haar naels is blou met die Italiaanse vlag, haar hare is blou geverf, en sy het selfs ’n blou leerhandsak gekoop om by haar motor te pas. Sy het van Gordonsbaai na Oudtshoorn gery om die handsak te kry, wat haar onwrikbare liefde vir die motor toon.
“Die Fiat 500 is net ’n totale plesier om te bestuur: moeiteloos, vinnig, lig op petrol en vol pret,” sê O’Connor. “Sy maak selfs my hare droog wanneer die dak af is, en ek geniet elke oomblik.”
Haar Fiat 500 het nie net haar passie vir motors versterk nie, maar haar lewe op ’n dieper vlak verander. Dit het haar geleer om haar lewe te vereenvoudig, om die oomblik te waardeer, en om vreugde te vind in die klein dingetjies.
“Ek gebruik elke kans om die motor te wys. As iemand belangstelling toon, laat ek hulle binne gaan sit, wys hulle al die funksies, en stuur hulle dan na Rola FIAT,” voeg sy by. “Ek dink hulle het al drie 500’s op daardie manier verkoop.”
FIAT Suid-Afrika se handelsmerkbestuurder, Karac Chitaka, is beïndruk deur O’Connor se begrip van motors en haar drome om die nuwe 500e later vanjaar te toets. “Tanya is nie net ’n superfan nie; sy is ’n drome-ambassadeur,” sê Chitaka.
Juli is ook ’n spesiale maand vir die ikoniese Fiat 500, wat sy 67ste verjaarsdag vier. Sedert sy debut in 1957, is meer as 7,5 miljoen Fiat 500’s wêreldwyd verkoop, wat die voertuig se status as ’n legendariese en geliefde kar bevestig.
Die Fiat 500 het beslis die verbeelding en passie van Tanya O’Connor vasgevang, met haar blou Fiat 500 wat haar lewe op onvergeetlike maniere verander het.