Die einde is in sig vir veranderde Toyota Quantum-paneelwa-taxi’s

Lees ook :

Fotokrediet Openbare Beskermer Verslag (Business Insider)

Enige Toyota Quantum-paneelwa wat vir die doel om passasiers te vervoer as taxi omskep is, sal teen Februarie 2023 onwettig wees.

Dit is reeds meer as 15 jaar dat die departement van vervoer bewus is van hierdie onwettige omskakeling, wat die struktuur van die voertuie verswak.

Die genoemde voertuie wat nie teen Februarie volgende jaar geskrap en vrywilliglik aan skrooterwe oorhandig gaan word nie, sal geskut word.

Hierdie voertuie, wat reeds lankal deur die publiek as “doodskiste op wiele” gedoop is, dra volgens die openbare beskermer se verslag by tot dodelike ongelukke op die land se paaie.

Hennie de Beer, fluitjieblaser, het reeds 10 jaar gelede ‘n klagte oor die voertuie se onwettige omskakeling aan die openbare beskermer gegee.

Business Insider berig dat hierdie paneelwaens ontwerp is om goedere en ‘n maksikum van drie passasiers te vervoer. Daar word verder verduidelik dat die sitplekke aan die vloer en nie aan die onderstel nie aangebring is en dat die aanbring van vensters ook die struktuur van die voertuie verswak.

De Beer se klagte aan die openbare beskermer 10 jaar gelede het bewyse van meer as 200 ongelukke vervat.

Die openbare beskermer se bevinding oor die ondersoek is in 2019 gepubliseer. Die eienaars van die geïdentifiseerde voertuie ontvang tans R141 000 per voertuig wat vrywillig oorhandig word om geskrap te word.

‘n Totaal van 2 300 voertuie wat geskrap moes word, was in 2009 geïdentifiseer. Daarvan was 436 verander, maar tot op datum het slegs 40% by die Taxi Recapitalisation Program aansoek gedoen vir inhandiging en hulp om ‘n wettige taxi te bekom. Die getalle word in die parlement getwyfel.

Om vir die program te kwalifiseer, kan die Staatskoerant wat deur Fikile Mbalula, minister van vervoer, geteken is, gelees word om vas te stel wat so ‘n eienaar nodig het om aansoek te doen.

Bron Luke Daniel, Business Insider SA

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief