GAUTENG. – Die Jakarandastad is hierdie tyd van die jaar besig om in volle glorie pers te verkleur.
Friends of Tshwane Heritage Research Centre vertel in ‘n sosialemediaplasing hoe die jakarandas wat elke jaar betower, in die stad aangekom het.
Baron Carl Ferdinand Heinrich von Ludwig van die Kaap het in 1830 bome van Rio de Janeiro ingevoer. Steggies is na Natal (KZN) gestuur en dit was eers in 1888 dat Pretoria sy eerste jakarandas gekry het. Twee sade is van ‘n reisende kweker genaamd Templeton gekry en by die huis van Jacob D Cilliers, genaamd Murtle Lodge, in Sunnyside geplant. Vandag is dit deel van Laerskool Sunnyside en ‘n nasionale monument.
‘n Plaatjie is onthul op die plek waar die eerste twee bome geplant is.






