Die Katouska en sy bemanningslede veilig

Lees ook :

Foto: NSRI

OOS-KAAP. – Die seiljag, Katsouka, en albei bemanningslede is veilig buite die hawe van Oos-Londen. Die jag en bemanning is Vrydagmiddag deur die NSRI-Oos-Londen vanaf die diepsee begelei en bygestaan. Twee Duitse burgers, van wie een dubbele Amerikaanse burgerskap het, was saam met die 42-voet seiljag, vermis. 

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, het gesê see-omstandighede was nie gunstig vir die seiljag om die hawe binne te gaan nie. Die bemanningslede het verkies om oornag met hulle seiljag ter see te bly en sou moontlik vanoggend die hawe binnegaan.

Hy het bevestig dat dit prioriteit is dat die bemanning veilig is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief