Inskrywings vir Die Kontrak Seisoen 3 open vandag en sluit op 29 April.
Indien jy kan sing en jou droom wil laat waar word, of iemand ken wat kan sing, moenie hierdie kans laat verbygaan nie.
Die mentors vir hierdie jaar is:
Demi Lee Moore
Tarryn Lamb
Refentse
Monique Steyn
Kenners hierdie jaar is: Karlien van Jaarsveld, Emo Adams en Barry Pretorius.
Aanbieders hierdie jaar is Bobby van Jaarsveld en Pulane Nel-Sekepe.
As jy dus in Demi Lee Moore of Samantha Leonard se spore wil volg in dié kompetisie wat dinge laat gebeur, moet jy nou inskryf.
Die wenner sal soos wat die gebruik is, op die Afrikaans Is Groot-verhoog aangekondig word.
Besoek www.wendiekontrak.co.za
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: