Diefstal-beskuldigde wéér gevonnis

Lees ook :

Diefstal-beskuldigde weer gevonnis. Foto: Departement van Vervoer

NOORDWES. – Die Mmabatho-streekshof het Woensdag 10 Januarie 2024 vir Lynette Magdalena Joubert (60) tot tien jaar tronkstraf gevonnis nadat sy op 64 aanklagte van diefstal van R596 593,08 skuldig bevind is.

Joubert het na bewering ’n maatskappy besit waardeur sy mense op Lichtenburg gehelp het om namens hulle betalings aan die Lichtenburg-verkeersdepartement vir voertuiglisensies- en registrasies te maak.

Die Valke se ernstige kommersiële misdaadondersoekspan het na ’n deeglike ondersoek in 2016 bevind dat Joubert nie tussen Julie en September 2015 die geld wat sy ontvang het aan die relevante owerhede betaal het nie. Sy het vals betalingsbewyse voorgehou in ’n poging om haar misdade te verbloem.

Sy is in 2017 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis, maar dit is in 2018 ter syde gestel nadat sy teen die vonnis geappelleer het. Die hof is beveel om die saak van voor af op te bou. Joubert het toe slegs 267 dae van haar 15 jaar vonnis uitgedien.

In Augustus 2021 het sy weer ’n dagvaardiging ontvang. Na verskeie hofverskynings is sy skuldig bevind en tot 10 jaar gevonnis nadat sy ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.

Bronne: SAPD, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief