DENEMARKE. – ’n Dieretuin in Denemarke het vir gesonde, oortollige troeteldiere gevra om as kos vir roofdiere te gebruik.
Lees ook: Walvis dood ná motorboot dit tref
Die Aalborg-dieretuin het gevra vir “skenkings” van lewendige hoenders, hase en marmotte en selfs perde, wat dan deur die opgeleide werkers uitgesit sal word en aan die roofdiere gevoer sal word. Die skenking van perde sal moontlik ‘n belastingvoordeel vir die eienaars inhou.
Volgens ‘n sosialemediaplasing van Aalborg-dieretuin het dit ’n “verantwoordelikheid om die natuurlike kosketting van die diere na te maak” en sê kleiner diere vorm ’n belangrike deel van die roofdiere, soos leeus en tiere, se dieet.
Bronne: BBC, The Sun, DW
Lees ook: Walvis dood ná motorboot dit tref