KOHISTAN, PAKISTAN. – Die liggaam van ’n man wat sedert 1997 vermis is, is in Kohistan, Pakistan, in ’n smeltende gletser gekry.
Lees ook: VSA eis deposito van $15 000 vir visumaansoekers
’n Skaapwagter het die liggaam gevind met sy klere en ID steeds in ‘n goeie toestand. Die ID het die naam Naseeruddin vertoon, wat die polisie gelei het na ’n man wat in Junie 1997 in die gebied verdwyn het nadat hy tydens ‘n sneeustorm in ‘n kraak in ‘n gletser geval het.
Hy het ’n vrou en twee kinders gehad. Die polisie het gesê hy en sy broer het die huis oor ’n vete te perd verlaat.
Sy broer, Kathiruddin, het aan die BBC gesê sy broer is by ’n grot in en hy het hom gaan soek toe hy nie uitkom nie. Volgens Kathiruddin het hy nog mense gaan vra om sy broer te help soek, maar hulle kon hom nie kry nie.
Bronne: BBC, Hindustan Times, The Express Tribune
Lees ook: VSA eis deposito van $15 000 vir visumaansoekers