KWAZULU-NATAL. – ’n Man is Maandag in die vroeë oggendure in Zwelisha elf keer geskiet en gewond, terwyl sy vriend doodgeskiet is.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê beamptes is omstreeks 00:30 na die perseel ontbied waar hulle ‘n man op die vloer langs ‘n bed in ’n kamer aangetref het. Hy het ’n enkele skietwond gehad en is op die toneel dood verklaar.
Volgens bure het die oorledene sy vriend besoek en besluit om daar oor te bly. Die vriend is elf keer geskiet en in ’n bewuste toestand na ‘n mediese fasiliteit gehaas. Verskeie patrone is op die toneel gevind. Die vensters, deure en mure is ook getref.
Die motief vir die moord en poging tot moord is nog onbekend.





