Waarskuwing! Foto in berig kan sensitiewe lesers ontstel.
WES-KAAP. – Die Animal Welfare Society of SA kla drie familie-troeteldiere is in die laaste drie weke deur die polisie geskiet.
Allan Perrins, woordvoerder van AWS SA, sê: “Daar is baie beroepe waar besluite binne ‘n paar sekondes geneem moet word en ons doen ‘n beroep op die minister van polisie om sy beamptes van die nodige kundigheid en gereedskap te voorsien om ‘n herhaling van hierdie te gereelde tragiese situasies te voorkom.”
Tydens die mees onlangse insident is Girly, ‘n pitbull van 11 maande, deur ‘n polisiebeampte geskiet. Girly is in die linkerwang geskiet, wat haar kakebeen beseer het, voordat die koeël by haar linkervoorbeen gestop het. Die hond was gelukkig genoeg om die insident te oorleef, maar het blywende beserings opgedoen.
Die vereniging voel leiding is nodig vir wanneer dit redelik is om ‘n troeteldier te skiet -‘n senior beampte moet besluit wanneer daar redelike gronde is om te skiet.
“Tot dan wonder ons of dit die enigste manier van aksie was wat die beampte beskikbaar gehad het om ‘n gespanne situasie te ontlont en waardeur hy ookal bedreig gevoel het, te neutraliseer.”
Nuusflits het polisiekommentaar gevra.
