Die Afrikaanse sanger Dirk van der Westhuizen, is Maandag gehospitaliseer. Geen diagnose is nog gemaak nie.
Volgens Van der Westhuizen sluit sy simptome erge hoof- en lyfpyn, naarheid, duiseligheid en ’n hoë infeksietelling in.
“Dink nie my kop en lyf het al ooit so gepyn nie,” skryf hy op sy Facebook-blad. Volgens sy papierwerk het hy “unspecified acute lower respiratory infection”. Hulle wag tans vir ’n spesialis om verdere toetse te doen.
“Soos ek hier lê, dink mens mos maar aan alles. Die lewe hardloop so vinnig verby mens dat mens soms vergeet om regtig elke oomblik te waardeer en voluit te leef,” sê hy. “Daar is altyd iets om voor dankbaar te wees en altyd ’n rede om te smile.”
Bron: Dirk van der Westhuizen Facebook





