[t4b-ticker]

Disney laat vaar hofaansoek om dagvaarding na vrou se dood te keer

Lees ook :

Disney laat vaar hofaansoek om dagvaarding te keer in vrou se dood
Disney laat vaar hofaansoek om dagvaarding te keer in vrou se dood fotokrediet: Canva

Lees ook: Man kan oor Disney+ nie dagvaar vir vrou se dood nie

FLORIDA. – Disney het hulle hofaansoek om te keer dat ’n man hulle dagvaar vir die dood van sy vrou omdat hy vir ’n proeftydperk op Disney+ ingeteken het, onttrek.

Jeffrey Piccolo het Disney en die eienaars van ’n restaurant in Disney World gedagvaar na sy vrou in 2023 oorlede is aan ’n allergiese reaksie na hulle daar geëet het. Piccolo het gesê hulle het die restaurant gewaarsku oor sy vrou, dr. Kanokporn Tangsuan, se allergieë, maar die restaurant het nie aandag daaraan gegee nie. Tangsuan is in die hospitaal oorlede na hulle by die restaurant geëet het. Neute en suiwel, beide waarvoor sy allergies was, is in haar sisteem gevind.

Disney het die hofsaak probeer keer deur te sê Piccolo het ingestem om enige sake teen hulle buite die hof te skik toe hy vir die proeftydperk vir Disney+ ingeteken het.

Na hewige kritiek het Disney besluit om hulle aansoek te onttrek sodat die saak hof toe kan gaan.

Bronne: DW – South Africa, BBC, AP News

Lees ook: Man kan oor Disney+ nie dagvaar vir vrou se dood nie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief