Man kan oor Disney+ nie dagvaar vir vrou se dood nie

Lees ook :

Disney sê man kan hulle nie dagvaar vir vrou se dood nie oor Disney+
Disney sê man kan hulle nie dagvaar vir vrou se dood nie oor Disney+ fotokrediet: Canva

Lees ook: Keniaanse kultusleier het ‘sy kinders laat eet’ terwyl volgelinge doodgaan van honger

Volgens Disney World kan ‘n man hulle nie dagvaar vir sy vrou se dood nie, as gevolg van die voorwaardes wat hy geteken het toe hy vir ‘n gratis proeftydperk van Disney+ ingeteken het.

Jeffrey Piccolo het ‘n saak teen Disney gemaak na sy vrou in 2023 oorlede is toe sy ‘n allergiese reaksie gekry het na sy by die Disney World-restaurant geëet het.

Disney het gesê hulle voorwaardes vir gebruik waartoe Piccolo ingestem het toe hy in 2019 sy Disney+-rekening oopgemaak het, beteken hy kan hulle nie dagvaar nie en hulle moet buite die hof skik.

Piccolo het gesê die restaurant het nie genoeg voorsorg getref vir sy vrou se allergieë vir neute en suiwel nie, selfs na die restaurant daarvan gesê is.

Sy vrou is op 5 Oktober dood oor hoë vlakke suiwel en neute in haar liggaam, wat ‘n allergiese reaksie veroorsaak het.

Volgens Disney stem gebruikers volgens die voorwaardes in om enige hofsake teen die maatskappy buite die hof te skik en Piccolo het daartoe ingestem.

Bronne: The Mirror, The Telegraph, BBC

Lees ook: Keniaanse kultusleier het ‘sy kinders laat eet’ terwyl volgelinge doodgaan van honger

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief