DJ Warras se onlangse plasings op X laat aanhangers praat

Lees ook :

Foto's: Dr Mgcini Tshwaku City of Joburg LUR Gemeenskapsveiligheid

GAUTENG. – Nadat Warrick Stock, oftewel DJ Warras, bekende radio- en televisiepersoonlikheid, Dinsdag 16 Desember op die hoek van Von Wielligh en Commissionerstraat in Johannesburg doodgeskiet is, het aanhangers op X (voorheen Twitter) gepraat oor sommige van sy laaste aanlyn plasings wat na sy eie dood verwys het.

Warras het in November 2025 op X gereageer op ’n opmerking oor sy eie dood met woorde soos: “It’s been real fam. Thanks for everything. I hope you have been entertained” – wat sommige van sy volgers ná sy werklike dood as onheilspellend of ironies beskou het. Ander plasings van vroeër in Desember het verwys na sy idees oor persoonlike verdediging en die dra van ’n geregistreerde vuurwapen, wat nou vir baie gebruikers in ’n ander lig staan. Hierdie plasings het debatte op X ontlok oor sy uitsprake en die risiko’s wat openbare figure en kritici in Suid-Afrika se huidige veiligheidsituasie ervaar, al is daar geen bewyse dat hierdie kommentaar direk met sy dood verband hou nie.

Luidens kapt. Tintswalo Sibeko van die polisie word ‘n moordsaak ondersoek. Dit word beweer dat die slagoffer deur drie onbekende verdagtes genader is kort nadat hy sy voertuig geparkeer het. Hulle het op hom losgebrand en daarna te voet van die toneel gevlug. Die motief vir die aanval is tans onbekend en geen arrestasies is nog gemaak nie. Enigeen met inligting wat die ondersoek kan help, word gevra om die polisie te kontak.

Intussen het Gayton McKenxie, die minister van sport, kuns en kultuur, asook Peace Mabe, die adjunkminister, meegevoel met DJ Warras se familie, vriende en ondersteuners betuig. Die departement van sport, kuns en kultuur het hulde gebring aan sy bydrae tot die bedryf en gesê sy nalatenskap sal voortleef deur die mense wat hy geraak het.

DJ Warras, gebore in Durban, het ’n loopbaan van meer as 15 jaar gehad wat radio, televisie, digitale platforms en lewendige optredes ingesluit het. Hy het sy uitsaailoopbaan by YFM begin en later nasionale bekendheid verwerf as aanbieder van The 5th Element op 5FM. Hy was ook ’n bekende gesig op SABC1 se Live AMP, waar hy plaaslike talent help bevorder het. In latere jare was hy die aanbieder van Ngicel’iVisa op Mzansi Magic en ’n mede-aanbieder van The Shady PHodcast, bekend vir eerlike gesprekke en sosiale kommentaar. Benewens sy mediawerk het hy aktief gebly as klub-DJ en mentor vir opkomende kreatiewes.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief