DKD-personeel geskors nadat gevangene onnatuurlik sterf

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Mpho Mkhumbeni het op 12 Maart onnatuurlik in die Mangaung- korrektiewe fasiliteit gesterf nadat sy sel deursoek is. ‘n Nadoodse ondersoek het bevind hy het komplikasies van blootstelling aan pepersproei ondervind en het ‘n hou teen die kop met ‘n stomp voorwerp gekry.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder vir die departement van korrektiewe dienste, sê in ‘n verklaring Mkhumbeni is op 28 November 2014 in die Mangaung-gevangenis opgeneem nadat ‘n lewensvonnis vir moord aan hom opgelê is. Mkhumbeni is met aankoms by die fasiliteit se hospitaal dood verklaar. Verslae oor die gebeure wat aanleiding tot sy dood gegee het, het mekaar weerspreek en ‘n ondersoek is op 14 Maart geloods.

Die ondersoek tot dusver het onthul die sel waar Mkhumbeni saam met nog drie gevangenes tuis was, is op 11 Maart deursoek. Die deursoekingspan het na bewering later teruggekeer nadat ‘n rugsak met geld misplaas is. Die vier gevangenes in die sel is glo ondervra, aangerand en gemartel. Nadat verduidelikings nie ooreengestem het nie en die gebeure van 11 en 12 Maart met mekaar verbind is, is ‘n nadoodse ondersoek op Mkhumbeni gedoen. ‘n Geregistreerde geregtelike doodsondersoek is na moord verander.

G4S, wat in beheer van die korrektiewe sentrum is, het begin om betrokke beamptes te skors. Die departement van korrektiewe dienste is tans besig met regstappe om die kontrak met Bloemfontein Correctional Contracts te termineer met die doel om self die fasiliteit oor te neem.

Die ondersoek duur voort. Lees die volledige verklaring hier onder, asook wie reeds geskors is.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief