Brekende Nuus
Afrikaans

Dodetal in Gaza meer as 17 000

Israel dreig om die tonnels waarin Hamas glo skuil, met seewater te oorspoel om die militante uit te dryf.

Dodetal in Gaza meer as 17 000
Dodetal in Gaza meer as 17 000 fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel val Hamas in Jabalia-vlugtelingkamp aan

GAZA. – Die dodetal in die Israel-Hamas-oorlog staan nou op 17 177 terwyl meer as 46 000 mense gewond is.

Die dodetal in Israel staan op 1 200. Israel het gesê hulle is op die spoor van die Hamas-leier wat die aanval van 7 Oktober beplan het. Hulle is ook van plan om seewater in tonnels waarin Hamas glo skuil, te laat inloop om die militante uit te dryf. Dit sal egter ook Gaza se watertoevoer bedreig.

Hamas het die bestaan van die tonnels ontken.

Bronne: EFE, New Arab, Aljazeera

Lees ook: Israel val Hamas in Jabalia-vlugtelingkamp aan