GAZA. – Die dodetal in Gaza het gestyg na meer as 330 ná Israel Gaza vanoggend (Dinsdag) aangeval het. Volgens paramedici en ander getuies is dit meestal vrouens en kinders wat omgekom het.
Lees ook: Israel val Gaza opnuut aan, minstens 200 mense dood
Benjamin Netanyahu, eerste minister, het die weermag beveel om die aanvalle uit te voer omdat Hamas weier om die res van die Israeliese gyselaars vry te laat. Hy het ook gedreig om aan te hou met die aanvalle tot die gyselaars vrygelaat word.
Hamas het gesê Israel het die skietstilstand oortree en het daarmee die gyselaars se lewens in gevaar gestel en hulle tot die “dood gevonnis”.
Israel het burgers in Gaza in gebiede naby die grens beveel om te ontruim, wat kommer laat toeneem dat hulle weer met grondaanvalle gaan begin.
Bronne: Mirror, Sky News, The Independent
Lees ook: Israel val Gaza opnuut aan, minstens 200 mense dood





