Lees ook: Israel en Hamas bereik ooreenkoms oor hulp in Gaza
GAZA. – Die dodetal in die Israel-Hamas-oorlog staan nou op meer as 25 000.
Israel het geweier om Hamas se terme vir ’n skietstilstand te aanvaar en Hamas het gesê daar is nou geen kans om die gyselaars terug te stuur nie.
Die families van die gyselaars wat op 7 Oktober ontvoer is, het buite die Israeliese adjunkminister Benjamin Netanyahu se huis kamp opgeslaan en gesê hulle gaan daar bly tot ’n ooreenkoms bereik word.
Israel het die dood van nog ’n gyselaar, sers. Shay Levinson (19), bevesti. Hy is op 7 Oktober dood. Sy liggaam is nog in Gaza. Die oorsaak van sy dood is onbekend.
Bronne: AP News, The Guardian, The Washington Post
Lees ook: Israel en Hamas bereik ooreenkoms oor hulp in Gaza





