Dodetal in Mianmar-aardbewing styg tot meer as 1 700

Lees ook :

Dodetal in Mianmar aardbewing styg tot meer as 1 700 fotokrediet: X Skermgreep

MIANMAR. – Die dodetal na Vrydag se 7.7-aardbewing het tot meer as 1 700 gestyg, met 3 408 mense wat beseer is.

Lees ook: Dodetal na Mianmar-aardbewing nou meer as 1 000

’n Naskok van 5.1 op die Richterskaal het gister (Sondag) naby Mandalay in Mianmar getref. Reddingspogings is steeds aan die gang in Mianmar en China en Thailand, wat ook deur die aardbewing geraak is. Sowat 17 mense is in Thailand dood, 32 is beseer en 83 is vermis. ’n Halfvoltooide toring in Bangkok het ineengestort het, alhoewel dit sowat 1 000 km vanaf die episentrum van die aardbewing was.

Kenners het gesê die dodetal kan tussen 10 000 en 100 000 wees.

Bronne: Euronews, BBC, Mirror

Lees ook: Dodetal na Mianmar-aardbewing nou meer as 1 000

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief