MIANMAR. – Die dodetal na die aardbewing in Mianmar en Thailand het tot 1 002 gestyg en 2 376 persone is beseer.
Lees ook: Twee dood en verskeie mense vasgekeer na aardbewing gebou laat ineenstort
Reddingspogings is steeds aan die gang. Een reddingspan in Mandalay, waar die hewige aardbewing gister (Vrydag) getref het, “grawe mense met hulle kaal hande uit”. Sowat 2 000 geboue is in die aardbewing beskadig.
Meer as 100 konstruksiewerkers is steeds in Bangkok, Thailand, vasgekeer in ’n gebou wat nooit klaar gebou is nie, wat tydens die aardbewing ineengestort het. Ses konstruksiewerkers is dood.
’n Noodtoestand is in Mianmar en Bangkok verklaar. Indië het vanoggend (Saterdag) hulppakkette gestuur en gesê hulle is op bystand om te help.
Bronne: BBC, The Canadian Press, The Star
Lees ook: Twee dood en verskeie mense vasgekeer na aardbewing gebou laat ineenstort





