OOS-KAAP. – Die dodetal ná verlede week se oorstromings het tot 90 gestyg.
Lees ook: Dodetal in Oos-Kaap styg steeds
Volgens die Oos-Kaapse regering was 60 van die oorledenes volwassenes en 30 kinders. Die regering het gesê dit is besig om noodhulp aan families ná die oorstromings te bied. 80 liggame is reeds uitgeken en 77 liggame is aan hulle families vrygestel.
Werk word steeds gedoen om basiese dienste in die Oos-Kaap te herstel. Reddingswerk duur nog voort.
Die Oos-Kaapse regering het gesê ‘n provinsiale dag van rou sal Donderdag in Mthatha gehou word.
Bronne: EWN, SABC, The Citizen
Lees ook: Dodetal in Oos-Kaap styg steeds





