Dodetal nou 61 ná Indonesiese skool ineenstort

Lees ook :

Dodetal ná Indonesië skool ineenstorting nou op 61 fotokrediet: X

INDONESIЁ. – Die dodetal het tot 61 gestyg nadat die gebedsaal van die Al Khoziny-skool in Indonesië verlede week ineengesort het.

Lees ook: Dodetal styg tot 54 ná skool in Indonesië ineenstort, 13 nog vermis

Altesaam 12 liggame en sewe liggaamsdele is gister deur reddingswerkers uit die puin gehaal. ‘n Soektog is nog aan die gang vir die liggame van twee vermiste leerlinge. Daar word nie verwag dat enigiemand lewend uit die puin gehaal sal word nie.

Die slagoffers was meestal seuns tussen 12 en 19 wat besig was met gebed toe die skool ineengestort het.

Owerhede het gesê die meeste van die liggame was in so ‘n toestand dat hulle moeilik is om te identifiseer. Altesaam 17 liggame is gister geïdentifiseer en aan hulle families oorhandig.

Die voorval word ondersoek, maar is moontlik veroorsaak deur ongemagtigde bouwerk op ‘n onstabiele fondasie van die 100 jaar oue skool.

Bronne: The Independent, ABC News, Times of India

Lees ook: Dodetal styg tot 54 ná skool in Indonesië ineenstort, 13 nog vermis

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief