Brekende Nuus
Afrikaans

Dodetal styg in Thailand-Kambodja-gevegte

Dodetal styg in Thailand-Kambodja gevegte

fotokrediet: Canva
Dodetal styg in Thailand-Kambodja gevegte fotokrediet: Canva

INTERNASIONAAL. – Die dodetal styg nadat gevegte gister tussen Thailand en Kambodja uitgebreek het en langs die grens tussen die twee lande versprei het.

Lees ook: Burgers vlug ná vegtery tussen Thailand en Kambodja

Volgens die regering van Kambodja is minstens 7 burgers dood en 20 beseer. Die Thaise regering in Bangkok het beweer drie van hulle soldate is gedood.

Beide lande het mekaar daarvan beskuldig dat die skietstilstand waartoe hulle in Julie ingestem het, oortree is.

Duisende burgers in albei lande het ontruim nadat die gvegte begin het.

Bronne: BBC, The Straits Times, The Star

Lees ook: Burgers vlug ná vegtery tussen Thailand en Kambodja