Die dodetal onder beide Indiërs en Pakistani’s het gestyg na Indië vanoggend aanvalle op Pakistanse teikens geloods het uit weerwraak vir ’n Pakistanse aanval op Kasjmir in April.
Lees ook: Indië val teikens in Pakistan aan, 26 mense dood
Indië het beweer dit het infrastruktuur geteiken wat deur militante gebruik word wat glo verlede maand Kasjmir aangeval en 26 Hindoe-toeriste gedood het. Islamabad het die aantygings ontken.
Volgens Pakistan is verskeie moskees in die aanvalle deur Indië getref. Pakistan beweer dit het drie Indiese vegvliegtuie afgeskiet, waarvan drie in Kashmir geval het.
Sowat 31 mense is nou in Pakistan oorlede na die aanvalle begin het terwyl sowat tien mense in Indië dood is in Pakistan se weerwraak. Pakistan se eerste minister, Shehbaz Sharif, het Indië se aanval ’n “act of war” genoem en het gesê dit sal aksie teen Indië neem.
Skietery op mekaar oor die grenslyn wat Kasjmir in twee deel, kom sedert ‘n paar weke gelede voor.
Bronne: Euronews, The Independent, The Mirror





