PAKISTAN. – Indië het aanvalle op beweerde terroriste-teikens in Pakistan en Pakistanse beheerde gebiede geloods uit weerwraak vir die terreuraanval op Kashmir twee weke gelede. Indië het Pakistan vir die aanval blameer waarin 26 toeriste oorlede is, maar Islamabad het ontken dat dit betrokke was. Sowat 26 mense is oorlede en 46 mense is gewond in Indië se aanvalle op teikens in Pakistan.
Lees ook: 26 toeriste dood in terreuraanval in Kashmir
Indiese owerhede het gesê dit het nege “terreur-infrastrukture” geteiken, maar volgens Pakistan is burgerlikes dood en moskees is getref. Die Pakistanse weermag het gesê kinders en tieners is in die aanval oorlede.
Pakistanse veiligheidsbronne het beweer vyf Indiese lugmagvliegtuie en een hommeltuig is afgeskiet, maar Indië het nie bevestig of enige vliegtuie afgeskiet is nie.
Pakistan het belowe dit sal wraak neem vir die aanval en het dit ’n “act of war” genoem.
Bronne: Sky News, BBC, NBC News, CNN





