AFGHANISTAN. – Die dodetal ná Sondagaand se aardbewing in Afghanistan van 6.0 op die Richterskaal het tot minstens 800 gestyg. Sowat 2 500 mense is beseer en verskeie dorpies is heeltemal verwoes.
Lees ook: Verskeie mense dood in aardbewing in Afghanistan
Reddingswerk is steeds aan die gang met reddingswerkers wat na die ramptonele met helikopters vervoer word. Paaie in die omgewing is onbegaanbaar as gevolg van grondstortings deur die aardbewing veroorsaak.
Die Taliban-regering het gesê die dodetal sal waarskynlik nog styg, omdat nog mense moontlik onder die puin vasgekeer is.
Bronne: BBC, CBS News, Sky News





