Brekende Nuus
Afrikaans

Verskeie mense dood in aardbewing in Afghanistan

Verskeie mense dood in aardbewing in Afghanistan

fotokrediet: X
Verskeie mense dood in aardbewing in Afghanistan fotokrediet: X

AFGHANISTAN. – Die Taliban-regering het bekendgemaak minstens 622 mense is dood en 1 500 is beseer in gisteraand se aardbewing van 6.0 op die Richterskaal in Afghanistan.

Lees ook: Tsoenami – golwe tref gebiede in Rusland, VSA en Japan ná aardbewing

Die aardbewing het in die land se noord-oostelike provinsie van Kunar getref. Minstens drie dorpies is in Kunar deur die aardbewing vernietig. Paaie is deur grondstortings blokkeer. Reddingswerk is steeds aan die gang. Die reddingswerkers moet met helikopters vervoer word om by die beseerdes uit te kom.

Die Taliban-regering het gesê die dodetal sal waarskynlik nog styg.

Bronne: BBC, Sky News, EWN

Lees ook: Aardbewing van 6.3 tref Indonesië