Lees ook: Tropiese storm Dikeledi tel spoed op
MOSAMBIEK. – Die dodetal het tot vyf gestyg na sikloon Dikeledi die noorde van Mosambiek getref het. Vyf mense is in Nampula dood soos sikloon Dikeledi Donderdag na die see beweeg het.
Altesaam 35 000 mense is deur die sikloon geraak en massiewe skade is aan infrastruktuur aangerig.
Sowat 2 903 huise is vernietig en 6 089 is beskadig. 73 klaskamers by skole en drie gesondheidseenhede is daarmee heen.
Dikeledi het Donderdag begin uitbeweeg na die Indiese Oseaan en is nie meer ’n bedreiging vir Madagaskar of Mosambiek nie.
Drie mense is in Madagaskar oorlede na Dikeledi vroeër die week daar getref het.
Bronne: IOL, Newsweek, 360 Mozambique
Lees ook: Tropiese storm Dikeledi tel spoed op





