Tropiese storm Dikeledi tel spoed op

Lees ook :

Tropiese storm Dikeledi besig om te vererger fotokrediet: Canva

Lees ook: Tropiese storm nader Mosambiek

MOSAMBIEK. – Die tropiese storm Dikeledi is besig om te vererger en sal moontlik weer die sikloonstadium bereik.

Météo-France het gesê soos dit nader aan Mosambiek beweeg, kan dit weer in ’n volbloedsikloon verander. Volgens Météo-France sal Dikeledi van vandag af omgewingstoestande ervaar wat dit in intensiteit sal laat toeneem en dit teen Donderdag of Vrydag sikloonstatus sal laat geniet. Volgens die Saws is daar nie ‘n moontlikheid dat sikloon Dikeledi naby aan Suid-Afrika sal kom nie en sal die land dus veilig wees.

Reën en erge winde is vir Mayotte en Madagaskar, waar die sikloon eerste getref het, voorspel. Drie mense is in Madagaskar oorlede as gevolg van Dikeledi.

Bronne: IOL, eNCA, Jacaranda FM, Saws

Lees ook: Tropiese storm nader Mosambiek

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief