Lees ook: Tropiese storm nader Mosambiek
MOSAMBIEK. – Die tropiese storm Dikeledi is besig om te vererger en sal moontlik weer die sikloonstadium bereik.
Météo-France het gesê soos dit nader aan Mosambiek beweeg, kan dit weer in ’n volbloedsikloon verander. Volgens Météo-France sal Dikeledi van vandag af omgewingstoestande ervaar wat dit in intensiteit sal laat toeneem en dit teen Donderdag of Vrydag sikloonstatus sal laat geniet. Volgens die Saws is daar nie ‘n moontlikheid dat sikloon Dikeledi naby aan Suid-Afrika sal kom nie en sal die land dus veilig wees.
Reën en erge winde is vir Mayotte en Madagaskar, waar die sikloon eerste getref het, voorspel. Drie mense is in Madagaskar oorlede as gevolg van Dikeledi.
Bronne: IOL, eNCA, Jacaranda FM, Saws
Lees ook: Tropiese storm nader Mosambiek