KENTUCKY, VSA. – Sewe mense is gisteraand dood nadat ‘n vragvliegtuig ontplof het tydens opstyging by ‘n lughawe in Louisville, Kentucky.
Lees ook: Kaapstad beplan vir besige November
Nog 11 mense is beseer toe die vliegtuig ontplof het terwyl dit besig was om by die Muhammad Ali- internasionale lughawe op te styg.
Volgens owerhede het mense ernstige beserings opgedoen en kan die dodetal moontlik styg.
Die vliegtuig was op pad na Hawaii met 144 000 liter brandstof toe dit van die aanloopbaan afgegly het en nabye geboue, insluitend dié van ‘n petroleum-herwinningsmaatskappy verswelg het.
Die Nasionale Vervoerveiligheidsraad se ondersoekspan gaan vandag na Kentucky om die ongeluk te ondersoek.
Bronne: BBC, DW, USA Today
Lees ook: Kaapstad beplan vir besige November





