Dogter vermoor ma glo tydens argument

Lees ook :

Foto: Slegs vir illustrasie

VRYSTAAT. – ‘n Jong vrou (20) is gearresteer nadat haar ma (55) Maandag aan ‘n steekwond gesterf het, glo ten tyde van ‘n huishoudelike verskil.

Sers. Mahlomola Kareli sê die polisie is net na 19:00 na die huis in Grassland ontbied, waar die ouer vrou met ‘n steekwond in die bors in ‘n plas bloed aangetref is. Nooddienste het haar op die toneel dood verklaar. Na bewering het die oorledene en haar dogter ‘n argument gehad, waarna die jonger vrou glo haar ma een keer met ‘n skerp voorwerp gesteek het. Die omstandighede word ondersoek.

Die jong vrou sal binnekort op ‘n aanklag van moord in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief