VRYSTAAT. – ‘n Jong vrou (20) is gearresteer nadat haar ma (55) Maandag aan ‘n steekwond gesterf het, glo ten tyde van ‘n huishoudelike verskil.
Sers. Mahlomola Kareli sê die polisie is net na 19:00 na die huis in Grassland ontbied, waar die ouer vrou met ‘n steekwond in die bors in ‘n plas bloed aangetref is. Nooddienste het haar op die toneel dood verklaar. Na bewering het die oorledene en haar dogter ‘n argument gehad, waarna die jonger vrou glo haar ma een keer met ‘n skerp voorwerp gesteek het. Die omstandighede word ondersoek.
Die jong vrou sal binnekort op ‘n aanklag van moord in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.