Donald 18 maand oue baba wat met elektrisiteit skok, oorlede

Lees ook :

Fotokrediet Burre Burger

Burre Burger het so pas die aankondiging op sy Facebook-blad gemaak:

“Tot ons weer sien my liefste Donald… my hart is seer… Ek wil nog baie tik, maar ek sal jou eendag sien… Van ons hele span, sterkte aan Donald, Cornell en ouboet… Ons wil graag vra dat die familie gerespekteer word in hierdie baie seer tyd…”

Donald Mclellan (18 mnde.) se pa Donald sr. het drie dae gelede vir Burre Burger laat weet hoe dit met hom gaan. Hy was steeds onder sedasie en het geen konvulsies gehad nie. Sy lewerfunksie was beter, infeksietelling af, nierfunksie goed en sy blaas beter.

Oor die algemeen het dit beter gegaan en was binne-aarse voeding vir hom voorgeskryf sodat hy meer kossies moes opneem. ‘n Neuroloog sou hom ook die betrokke dag sien.

Vier dae gelede is ‘n blyplek naby UNITAS Netcare 911-hospitaal vir Donald se ouers, Donald sr. en Cornel, gesoek sodat hulle vir die volgende twee maande naby die hospitaal kon wees en die mense van Pretoria in Centurion het nie teleurgestel met aanbiedinge wat ingestroom het nie.

‘n Blyplek kon 8 km van die hospitaal verseker word, die kostes sou deur Burre Burger se organisasie gedra word. Gebede en donasies is steeds gevra, al is dit net R20. Sy ouers sou om die beurt tussen hul plaas in Ellisras en die hospitaal pendel om na hom en die plaas om te sien. Donald sou volgens Burre definitief na ‘n versorgingseenheid verskuif word wanneer hy wakker en “beter” is.

Vier dae gelede het dit nie goed gegaan met die babaseun nie. Sy pa het vir Burre laat weet:

“Ek hou jou maar net op hoogte. Klein Donald se breinscan het gewys dat die breinstam wat die asemhaling, hartklop en bloeddruk beheer nie skade gekry het nie. Daar is wel ekstensiewe skade aan die linker- en regterbrein opgedoen.”

“Hul het oor die afgelope dae na die scan sy sedasiemedikasie stelselmatig verminder, maar hy het gisteraand twee keer apnee gekry (ophou asem haal). Dit wys dat hy nog glad nie reg is om gespeen te word van die medikasie nie. Sy brein is nog geswel en geïrriteerd. Hy is terug op volle sedasie ten minste vir die volgende drie dae. Hy sal ook nou ‘n bloedoortapping moet kry a.g.v. die baie bloed trek en al die medikasie is sy bloedtelling laag.”

“Hou asb. aan met vir klein Donald bid” het pa Donald gesmeek.

Donald het in Oktober met elektrisiteit op hul plaas geskok en is per helikopter na Unitas Netcare 911-hospitaal in Centurion, Pretoria gevlieg.

FiND iT Nuus wil simpatie betuig met sy ouers, boetie, famielie en vriende.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief