Lees ook: Donald Trump wil skuldbevinding omgekeer hê
NEW YORK, VSA. – Die regter in die swyggeldsaak van Donald Trump het Trump beveel om op 10 Januarie in die hof te wees vir sy vonnisoplegging.
Regter Juan Merchan het gesê hy sal nie Trump tronkstraf oplê nie, maar sal ’n “vonnis van onvoorwaardelike ontslag” vel, wat beteken hy sal nie tronkstraf, boetes of probasie ontvang nie.
Die verhoor sal tien dae voor Trump se inswering as die Amerikaanse president plaasvind.
Hy is in 2024 skuldig bevind op 34 aanklagtes van die vervalsing van rekords om weg te steek dat hy Stormy Daniels betaal het om te swyg oor hulle seksuele verbintenis.
Bronne: The Indepedent, The Hill, BBC





