Lees ook: Donald Trump skuldig bevind op 34 aanklagte
VSA. – Donald Trump se prokureurs het gevra sy skuldbevinding in die “stilmaaksaak” moet omgekeer word. Hulle wil ook hê sy vonnisoplegging wat 11 Julie sal plaasvind, moet uitgestel word.
Die prokureurs het gesê die federale hooggeregshof se beslissing wat hom immuniteit gee teen vervolging vir handelinge wat binne sy amptelike verpligtinge val, beteken hy kan nie aangekla word nie.
Trump is skuldig bevind op aanklagte van vervalste dokumente met betrekking tot swyggeld aan Stormy Daniels om stil te bly oor hulle seksuele ontmoeting.
Sy prokureurs het gesê hy het die rekords geteken terwyl hy president was, dus moet dit vir immuniteit in ag geneem word.
Bronne: BBC, The Star, The Mirror US