WASHINGTON, VSA. – Die Amerikaanse president, Donald Trump, het geëis hawelose mense moet “onmiddellik uit Washington DC trek”. Hy het gesê hy wil die stad “veiliger en meer beeldskoon maak as wat dit nog ooit was”.
Lees ook: Twee Japannese boksers dood ná breinbeserings tydens gevegte opgedoen
Trump het gesê “die haweloses moet uittrek, ONMIDDELLIK. Ons sal vir julle plekke gee om te bly, maar VER weg van die hoofstad. Die kriminele – jy hoef nie trek nie. Ons gaan jou in die tronk sit waar jy hoort.”
Hy het bygevoeg: “Dit gaan alles baie vinnig gebeur, soos met die grens. Ons het gegaan van miljoene mense wat inkom tot NUL in die laaste paar maande. Hierdie gaan makliker wees – wees voorbereid. Daar gaan geen ‘MR Nice GUY’ wees nie. Ons soek ons hoofstad TERUG.”
Trump se verklarings volg op die burgemeester van Washington, Muriel Bowser, se bekendmaking dat daar geen onlangse vermeerdering in misdaad in die stad was nie.
Dit is onbekend hoe Trump die haweloses gaan dwing om te trek.
Bronne: BBC, The Independent, US News
Lees ook: Twee Japannese boksers dood ná breinbeserings tydens gevegte opgedoen





