Donald Trump word vandag as VSA-president ingesweer

Lees ook :

Donald Trump word vandag as president ingesweer fotokrediet: Facebook

Lees ook: 77 mense dood na brandstoftenkwa in Nigerië ontplof

VSA. – Donald John Trump sal vandag vir ’n tweede keer as die president van Amerika ingesweer word. Hy is ook op 78 jaar 7 maande die oudste president ooit om dié amp op te neem. Ongeveer 250 000 mense sal na verwagting in die strate van Washington saamdrom om na die insweerseremonie op groot skerms te kyk.

Trump sal na ’n ogggenddiens by die St John-kerk met Joe en Jill Biden in die Withuis tee drink voor hy na die Kongresgebou gaan vir die inhuldigingseremonie. Trump sal die presidensiële eed aflê en daarna sy openingsrede lewer. Amptelike dokumente sal geteken word, waarna middaete genuttig sal word.

Later die aand volg drie amptelike geleenthede in Washington, asook ’n parade en partytjies waar verskeie kunstenaars soos Carrie Underwood en Billy Ray Cyrus sal optree.

Bronne: Financial Times, USA Today, IOL

Lees ook: 77 mense dood na brandstoftenkwa in Nigerië ontplof

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief