Donald Trump skuldig bevind op 34 aanklagte

Lees ook :

Donald Trump skuldig bevind op 34 aanklagte
Donald Trump skuldig bevind op 34 aanklagte fotokrediet: Facebook

Lees ook: Donald Trump-saak oor dokumente uitgestel

NEW YORK, VSA. – Donald Trump is gister skuldig bevind op al 34 aanklagte teen hom in die saak dat hy sakerekords vervals het.

Trump het sakerekords vervals om ’n betaling aan pornografiester, Stormy Daniels, weg te steek. Daniels het beweer dat sy seks gehad het met Trump en hy het sy prokureur, Michael Cohen, sover gekry om haar te betaal om stil te bly. Haar bewering kon die 2016-verkiesing vir Trump ruïneer het.

Trump kan tot vier jaar tronkstraf gevonnis word op elke aanklag, maar dit is onwaarskynlik dat dit sal gebeur. Die regter in die saak het die vonnisoplegging vir 11 Julie geskeduleer.

Trump sal waarskynlik appelleer, maar dit kan maande neem om afgehandel te word.

Bronne: IOL, BBC, CNN

Lees ook: Donald Trump-saak oor dokumente uitgestel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief