Ses mense geskiet wat glo in gesteelde voertuig ry

Lees ook :

Ses mense geskiet wat glo in gesteelde voertuig ry
Ses mense geskiet wat glo in gesteelde voertuig ry fotokrediet: Canva

Lees ook: Twee kiesers dood in KwaZulu-Natal

MUDEN, DURBAN. – Ses mense is gisteroggend vroeg geskiet net na hulle gestem het. Drie mans en drie vrouens het na ’n nabye opstal gery net na hulle gaan stem het.

Hulle is glo deur onbekende verdagtes voorgekeer en geskiet. Die drie mans is almal op die toneel dood verklaar terwyl een vrou beseer is.

Die ander twee vrouens was ongedeerd. Volgens die polisie het die slagoffers in ’n voertuig gery wat as gesteel in Johannesburg aangemeld is.

Drie sake van moord en drie sake van poging tot moord word ondersoek.

Bronne: SAPD

Lees ook: Twee kiesers dood in KwaZulu-Natal

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief