Lees ook: Vyf verdagtes bly in aanhouding vir moord op polisiehoof
Die Saws het donderstorms en erge reën vir KwaZulu-Natal vir vandag voorspel.
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge reën is uitgereik vir Harding, St Faith’s, Donnybrook, Richmond, King Shaka-lughawe, Stanger, Pietermaritzburg en New Hanover. ’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms is vir Goodhom, Mooirivier, Escourt, Ladismith, Dannhauser en Utrecht uitgereik.
Die publiek word herinner om lopende water te vermy en om weg te bly van bome. Oorstromings sal moontlik voorkom.
Bronne: Saws
Lees ook: Vyf verdagtes bly in aanhouding vir moord op polisiehoof





