Dood van sakeman – klag na moord verander

Lees ook :

Foto: Lunilda Cowan Facebook-blad

Die skietdood van Johan Cowan (49), ‘n sakeman van Middelburg in Mpumalanga, word ondersoek. Hy is Sondag op die N12 Snake Road-afrit in Benoni met ‘n skietwond in sy bakkie gekry. Die dossier is na moord verander.

Morney Vos, ondersoeker van Specialised Security Services, het aan Nuusflits gesê die familie het Mike Bolhuis aangestel om die familie in die ondersoek na Cowan se skietdood by te staan. Morney Vos sal in beheer van die ondersoekspan van drie persone wees. Hy sal deur Wesley Vos en kol. Luke Enslin bygestaan word.

Die geregtelike doodsondersoek wat aanvanklik geopen is, is na moord verander en word deur die Benoni-speurtak ondersoek.

Enigiemand met inligting kan Vos by  066 212 5193 bel.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Johan Cowan (49), ‘n sakeman van Middelburg in Mpumalanga se skietdood word ondersoek. Hy is Sondag op die N12 Snake Road-afrit in Benoni in sy bakkie gekry.

Kol. Mavela Masondo sê die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen nadat Cowan omstreeks 03:00 met ‘n skietwond in sy wit Toyota Hilux-bakkie gekry is.

Volgens die Middelburg Observer was Cowan na ‘n myn van die maatskappy Genet Mineral Processing, waarvan hy ‘n direkteur is, uitgeroep. Hy was deurentyd met sy vrou in kontak, maar later het hulle nie meer kontak gehad nie. Om 05:00 die oggend het ‘n speurder sy foon geantwoord en haar die nuus van sy afsterwe meegedeel. Die bakkie het glo nog geluier toe hy gekry is.

Cowan word deur sy vrou en twee jong kinders oorleef.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief