‘Dra die rok,’ sê Anel Alexander

Lees ook :

“Dra die rok,” sê Anel Alexander. Foto: Facebook

Die aktrise Anel Alexander het ’n inspirerende boodskap ter nagedagtenis aan haar en James Alexander se huweliksherdenking op 19 April op sosiale media geplaas.

In haar plasings verwys sy terug na hulle 20ste huweliksherdenking wat hulle verlede jaar gevier het. James het ’n dagpas van die hospitaal gekry om die dag saam met haar te vier. Hy is nege dae daarna oorlede toe hy sy stryd teen kanker verloor het.

Sy skryf oor die rok wat sy met hulle viering by die huis aangehad het. Hy het dit vir haar in 2014 in Londen gekoop. Sy het dit altyd gebêre vir ’n spesiale geleentheid.

Sy het dit vir hulle laaste huweliksherdenking saam aangetrek, omdat sy geweet het die moontlikheid bestaan dat hy haar nooit weer in die rok sal sien nie. Sy het die rok ook na sy herinneringsdiens op 13 Mei 2023 gedra.

Sy sluit haar plasing af met “I guess the lesson is, “Don’t wait for one-day-when. Wear the dress.”

Bron: Anel Alexander Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief