Dricus du Plessis SA se nuwe wêreldkampioen aan die woord

Lees ook :

Foto: Instagram

Dricus du Plessis (30), die UFC middelgewig-wêreldkampioen het in ‘n onderhoud (hier bo gedeel) oor sy geskiedkundige oorwinning oor Sean Strickland gesels. Hy het ook op sosiale media ‘n uitnodiging tot ‘n geveg aan @alexpoatanpereira gerig.

Die Suid-Afrikaner met die bekende woorde: “Hulle weet nie wat ons weet nie,” wat ook deur die Springbokke tydens hulle Wêreldbekerrugby-sege gebruik was, het tot volle reg gekom toe hy gister in die agthoek laat hoor het: “Suid-Afrika! Nou weet hulle wat ons weet!”

Die gebore Pretorianer wat op 14 Januarie 30 geword het, is in ‘n verhouding met Vasti Spiller, wat ook met die kryt bekend is.

Hy is in die skare, wat van bekendes, soos Mike Tyson, gewemel het, deur ongeveer 100 Suid-Afrikaners ondersteun.

Boonop het Dricus vir ‘n weddenskap-nederlaag gesorg vir onder andere die kletsrymer Drake wat volgens Sportskeeda Combat $700 000 verloor het nadat hy op Strickland gewed het.

Gelukwensinge van ‘n ieder en ‘n elk stroom in. Bekendes regoor Suid-Afrika het na gister hulle foto’s saam met die kampioen afgestof en oral op sosiale media gedeel. Willem Botha het grappendergewys ‘n stappie verder gegaan en sy gesig in ‘n paar foto’s saam met Dricus geplaas.

Hierdie Suid-Afrikaner met sy barshoue, soos wat die grappe nou op sosiale media versprei, wat sy geveg “toe oë gewen het,” is nou behoorlik volksbesit. En indien jy nie voor gister geweet het wie hy is nie, dra die hele wêreld nou deeglik kennis wie en wat hy is en almal krap om ‘n brokkie inligting oor hom op te spoor.

Dricus hou beslis sy privaat lewe privaat, maar hy skram van geen uitdaging weg nie. Die wêreldkampioen het gister sy ouers aan sy sy gehad en het in ‘n stadium vir sy pa gesê om sy oorwinningsbelt oor sy skouers te hang.

Hy was ook Angelique Gerber se afrigter met haar BoxOp-geveg wat sy teen die sangeres Tasché Burger gewen het.

Zizi Kodwa, die minister van sport, kuns en kultuur, het Dricus ook met sy geskiedkundige oorwinning gelukgewens:

FiND iT Nuus sluit ‘n paar foto’s en ‘n kletsrym-video hier onder in:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief