KWAZULU-NATAL. – Drie mense is vanoggend (Saterdag) hospitaal toe geneem ná ‘n voertuig in Sugarmillweg in Marburg, Port Shepstone, beheer verloor, van die pad geloop, teen ‘n wal af gerol en teen ‘n huis tot stilstand gekom het.
Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê dié diens het hulle na die toneel gehaas. Een persoon is met kritieke beserings aangetref, terwyl twee ander ernstig beseer is. Mediese sorg is op die toneel verleen voordat al drie persone na ’n nabygeleë hospitaal vervoer is.
Die huis het skade opgedoen, maar die inwoners is nie beseer nie. Owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





