Drie beseer toe MRI-skandeerder onklaar raak

Lees ook :

Foto: Limpopo Departement van Gesondheid

LIMPOPO. – Drie mense is beseer toe ‘n MRI-skandeerder, wat in die proses was om uit diens gehaal te word by Pietersburg-hospitaal, per ongeluk hoë volumes lug uitgelaat het.

Neil Shikwambana, woordvoerder vir die departement van gesondheid in die provinsie, sê die voorval het in die radiologie-eenheid gebeur. Infrastruktuur is beskadig en twee werknemers van die hospitaal en ‘n tegnikus van ‘n privaat maatskappy wat met die proses besig was, het beserings opgedoen.

Dieketseng Mashego, die LUR van gesondheid in die provinsie het haar na die hospitaal gehaas om die beseerdes te besoek.

“Ons het ons hierheen gehaas om die omvang van die skade te sien en om die beseerdes ‘n spoedige herstel toe te wens,” het die LUR, Mashego, gesê.

Shikwambana sê die oorsaak van die skade word vasgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief