GAUTENG. – Die vlieënier en twee passasiers is gering beseer toe ‘n ligte vliegtuig Sondag net na 10:00 naby die Wonderboom-lughawe in die noorde van Pretoria neergestort het.
Sisa Majola, woordvoerder vir Acsa, het die Cessna 172 skade opgedoen. Al drie die insittendes is beseer en na ‘n hospitaal gehaas. Majola voeg by inligting word vir die voorlopige verslag van die ongeluk ingesamel en sal oor 30 dae vrygestel word.
Volgens Best Care Emergency Medical Serices het dié diens, omstreeks 10:30 ná rapportering van die vliegongeluk in ‘n veld in die Sinoville/Annlin-omgewing gaan soek. Die diens het van hulle gevorderde lewensondersteunende- en hartreaksie-eenheid gebruik gemaak om die beseerdes op die toneel te versorg, voordat hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.





